Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bergklimklub van SA verklaar Tafelberg gevaarlik

Die bergklimklub van Suid-Afrika waarsku sy lede om versigtig te wees wanneer hulle die staproetes in en om Tafelberg gebruik.

In ’n verklaring het die bestuur gister gesê daar is tans geen gebied op Tafelberg wat as heeltemal veilig beskou kan word nie en mense moet bewus gemaak word van die gebiede waar daar die afgelope tyd ’n toename in misdaad was.

Dié gebiede is onder meer die gebied bekend as die Saal bo-aan die ravyn by Nuweland, die Nuwelandwoude, sowel as die staproetes om Kalkbaai en by Karbonkelberg.

Volgens die klub se bestuur moet stappers, drawwers en fietsryers bewus wees dat aanvalle by bogenoemde gebiede gewelddadig was en soortgelyk is aan die aanvalle vroeër vanjaar by Kalkbaai en Karbonkelberg.

Daar was volgens hulle verskeie inbrake by voertuie wat aan die voet van Tafelbergweg by die Rhodes-gedenkteken en Vlaeberg geparkeer is.

Die hoërisikogebiede is die Nuwelandwoude, die Nuwelandravyn, die Saal bokant Duiwelspiek, die hange van Duiwelspiek, die Blokhuise en die nabygeleë fietsryroetes.

Ander gebiede waar mense versigtig moet wees, is Vlaeberg en Leeukop, Noordhoek- en Kommetjiestrand, Sandybaai, Karbonkelberg, Vlakkenberg, Blackburn-ravyn, Olifant-se-oog, die gebied om die Kleinplaas-dam, Black Hill, Red Hill, Slangkop, Peer’s Cave en Sunrisestrand.

Veilige gebiede is volgens die klub die ooste van Silwermyn en die berge bo Kalkbaai. Ook Kaappunt, die weste van Silwermyn, die agterkant van Tafelberg, Oranjekloof en die Apostels-gebied is volgens die bergklimklub redelik misdaadvry.

Daar was volgens hulle verskeie inbrake by voertuie wat aan die voet van Tafelbergweg by die Rhodes-gedenkteken en Vlaeberg geparkeer is.

Hulle vra ook dat mense in groepe moet stap en nie weerstand moet bied sou hulle aangeval word nie.

Meer oor:  Tafelberg  |  Stappers  |  Bergklim  |  Misdaad  |  Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.