Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beslag gelê op R2 m. se drank by sjebien in PE

Die polisie in Port Elizabeth het Dinsdag sowat R2 miljoen se alkohol by ’n sjebien in die G-West-gebied in die Walmer-township gekonfiskeer.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die alkohol is gekonfiskeer toe die polisie as deel van ’n operasie toegeslaan het op onwettige kuierplekke en sjebiens in die gebied.

Die nagenoeg R2 miljoen se alkohol wat by ’n sjebien gekonfiskeer is. Foto’s: Verskaf

By die sjebien waar die polisie nagenoeg R2 miljoen se alkohol gekonfiskeer het, is ’n vrou in haar 40’s vir die onwettige handel in en verkoop van alkohol in hegtenis geneem.

Die polisie het op onwettige kuierplekke en sjebiens in die G-West-gebied in die Walmer-township toegeslaan.

Naidu sê alkohol is een van die bydraende faktore in voorvalle van ernstige misdade.

“Die misbruik van drank is veral ’n euwel in die Walmer-township en dit dra by tot moord, poging tot moord, verkragting, aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer,” sê Naidu.

Genl.maj. Thembisile Patekile, Mountweg se klusterbevelvoerder, sê die polisie gaan soorgelyke operasies uitvoer by alle polisiekantore in die Mountweg-kluster.

“Die operasies gaan verseker dat kuierplekke en sjebiens gemonitor word. Die Drankbeheerraad is teenwoordig tydens die operasies om te kyk of die kuierplekke wettig handel dryf.

“Ons gaan diegene wat nie aan die wet voldoen nie laat les opsê,” sê Patekile.

Die polisie se operasie het Dinsdag om 16:00 begin en het Woensdagoggend om 07:00 geëindig.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Walmer  |  Misdaad  |  Beslaglegging  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.