Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bestuurder in Pretoria-skietery geëien
Die polisie het identikits uitgereik van drie van die verdagtes wat betrokke was by die moord op Yawei Wu (54), die winkelbestuurder van Ceramic Wholesaler in Pretoria.Foto: Verskaf
Ken jy hierdie man? Hy word moontlik verbind met die moord op Yawei Wu (54), die winkelbestuurder wat op 26 Julie doodgeskiet is.Foto: Verskaf
Die polisie is op soek na dié man wat moontlik verbind word met die moord op Yawei Wu (54), die winkelbestuurder van Pretoria verlede maand.Foto: Verskaf

Die winkelbestuurder van Pretoria wat verlede maand in sy kantoor doodgeskiet is, is geïdentifiseer as die 54-jarige Yawei Wu, is Vrydag bekend gemaak.

Volgens die polisie was hy die winkelbestuurder van Ceramic Wholesaler in Steve Biko-straat.

Vier mans het op 26 Julie sy werknemers met ’n vuurwapen aangehou en hom in sy kantoor doodgeskiet. Hulle het toegang verkry tot sy kantoor deurdat een van die werknemers gedwing is om die biometriese stelsel met haar vinger te aktiveer, het konst. Mandla Zwane, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Die rowers het met ’n selfoon en ’n skootrekenaar weggejaag in ’n voertuig wat voor die winkel geparkeer was.

Die voertuig en die gesteelde items is later teruggevind.

Die polisie het identikits uitgereik van drie van die verdagtes wat moontlik by die voorval betrokke was.

Die polisie doen ’n beroep op mense met inligting om die Wonderboompoort-polisiekantoor by 012 335 2812 te skakel of die ondersoekbeampte, speurkonst. Lebogang Raleteng, by 065 908 0642 te bel.

Meer oor:  Ceramic Wholesaler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.