Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bestuurder hou kop toe 9 rowers op geldwa toesak

Selfs toe sowat nege gewapende mans op ’n transitovoertuig buite Port Elizabeth losgebrand het, het

die bestuurder kopgehou en ongedeerd weggekom.

Die mislukte transitorooftog het Maandagaand omstreeks 20:00 naby Nanaga ontvou.

Volgens die polisie se inligting was die transitovoertuig vanuit Grahamstad na Port Elizabeth onderweg, toe twee voertuie glo die transitovoertuig probeer voorkeer het.

Die transitovoertuig staan sonder een van sy voorste bande by die Kinkelbos-polisiekantoor.
Koeëlgate kan op die transitovoertuig se bakwerk en ruit gesien word nadat rowers daarop toegesak het.

Na wat beweer word het ’n silwer Volkswagen Polo stadig voor die transitovoertuig ingery, terwyl ’n silwer Nissan NP300-bakkie met sowat nege gewapende mans langs die transitovoertuig ingery het.

Verskeie skote is vanuit die bakkie op die transitovoertuig geskiet, maar die bestuurder van die transitovoertuig kon die bakkie van die pad af stoot.

Die transitovoertuig het een van die voorste bande verloor, maar die bestuurder het die voertuig beheer en eers by die Kinkelbos-polisiekantoor, sowat 6 km verder, stilgehou.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, word daar vermoed die insittendes van die bakkie het in die bosse in gevlug of ’n ander voertuig het hulle langs die pad opgelaai.

Die bakkie is verlate langs die pad gevind. Beetge sê die bakkie sal vir leidrade ondersoek word.

Hy sê daar word ook vermoed die Polo het weggery toe die skote begin klap het.

Niemand is in die voorval beseer nie en niemand is nog teen Dinsdagoggend in hegtenis geneem nie.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegebied, sê hy is verlig nie een van die sekerheidswagte is in die voorval beseer nie en die aanvallers het ook geen geld gesteel nie.

Enige persoon wat moontlik die polisie in hul ondersoek kan help deur inligting rakende die voorval te verskaf, word versoek om die polisie se Stop Misdaad-nommer te by 08600 10111 te skakel.

Die Nissan-bakkie wat ongeveer nege gewapende rowers vervoer het. Die polisie het dit gekonfiskeer.

Meer oor:  Transito-Roof  |  Geldwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.