Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bestuurder, kapers dood in skietery

Een van die twee kapers wat Saterdagoggend dood is in ’n skietery op die R50-pad naby Delmas in Mpumalanga is voorheen in verband met motorkapings in hegtenis geneem.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat twee mans in ’n Volkswagen Polo ’n man in ’n Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie net ná 08:00 wou kaap toe ’n skietery uitgebreek het. Al drie mans is dood op die toneel aangetref.

Een van die kapers is al in die verlede op klagte wat verband hou met motorkapings in hegtenis geneem.

Volgens Hlathi het die kapers se motor ’n blou lig op gehad en is gesigmaskers en glimbaadjies wat deur die polisie gebruik word by hulle gekry.

“Daar is ook op twee vuurwapens beslag gelê. Die reeksnommer van een van die vuurwapens is verwyder. Die ander vuurwapen het aan die slagoffer behoort.”

Hlathi sê verskeie kapingsvoorvalle is die afgelope ruk by die polisie in Delmas aangemeld waarin die kapers hulle as polisiebeamptes voordoen.

Kelebogile Thepa, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het vroeër aan Netwerk24 gesê albei voertuie was volg koeëlgate toe die polisie op die toneel aankom.

kapers, moord
Twee motorkapers is Saterdagoggend op die R50-pad naby Delmas in Mpumalanga doodgeskiet.

Meer oor:  Delmas  |  Kaping  |  Polisiemoord  |  Kapers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.