Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bestuurder ongedeerd ná kaping van e-taxi in Kaapstad

Die bestuurder van ’n e-taxi in Kaapstad is ongedeerd nadat sy voertuig Maandag deur drie gewapende mans gekaap is.

Die polisie het bevestig dat die kaping om 15:20 in Royalweg in Muizenberg ondersoek word.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n Volkswagen Polo van ’n e-taxidiens is gekaap en niemand is al in hegtenis geneem nie.

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, het laatmiddag bevestig dat verkeersbeamptes ontbied is en geen voertuie ná die kaping op Baden Powell-rylaan in die rigting van Mitchells Plain deurgelaat is terwyl polisielede werksaam was nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.