Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bestuurder van e-taxi fnuik kaping, word gesteek
Die Kaapstad-metro se brand-en-reddingsdiens en polisielede Donderdag op die toneel in Lakeside, Kaapstad.

Die bestuurder van ’n appgedrewe taxidiens is Donderdagoggend onkant gevang toe twee mense wat voorgegee het dat hulle ’n taxi op die app bespreek, hom aangeval en in die rug gesteek het.

Twee mans het in Lakeside, Kaapstad, ’n e-taxi bestel, klaarblyklik om die bestuurder daarheen te lok. Toe die bestuurder by hulle aankom, is hy gesteek, maar hy kon hul poging fnuik om sy voertuig te kaap.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek die omstandighede waarin daar Donderdag in Lakeside, Kaapstad, probeer is om die voertuig van ’n appgedrewe taxidiens te kaap.

“Die bestuurder van die voertuig is deur die verdagtes gesteek wat die diens gebruik het. Die bestuurder kon een van die verdagtes ontwapen en het homself verdedig deur een van hulle te steek,” sê Traut.

Twee verdagtes van 20 en 38 jaar oud is in hegtenis geneem en word aangehou totdat hulle in die hof verskyn, het Traut gesê.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-metro se brand-en-reddingsdiens, sê brandweermanne van Lakeside was Donderdag omstreeks 10:20 op pad terug na hul stasie toe hulle ’n polisievoertuig langs die pad gewaar het.

“Die brandweermanne het stilgehou en op ’n toneel afgekom waarin ’n volwasse man in die rug gesteek is. Die bemanning het onmiddellik mediese hulp verleen. Een van die bemanningslede is ’n noodhulptegnikus,” sê Carelse.

Hy sê die man is gestabiliseer en later deur die metro se nooddiens-personeel na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.

Meer besonderhede volg later.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.