Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bethlehem geteister deur panga-, mesaanval, verkragting

Bethlehem het die afgelope week kwaai onder misdaad gebuk gegaan en inwoners het onder ’n panga-aanval, mesaanval, verkragting en minstens een huisbraak deurgeloop.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n egpaar, Kobie Smit (60) en sy vrou, Annie (58), is Donderdag omstreeks 18:00 by hul huis in die Panorama-woonbuurt aangeval.

Smit was buite die huis toe hy hom in ’n man met ’n kapmes vasgeloop het. Die aanvaller het Smit met die panga aangeval, verby hom geloop en ook vir Annie in die huis daarmee aangeval.

Makhele sê die egpaar het ernstige beserings opgedoen en die aanvaller is daar weg sonder om iets te steel.

Die Smit-egpaar se buurman het hulle hospitaal toe geneem. Carel de Bruin, bestuurder van die Mediclinic Hoogland, sê die egpaar is buite gevaar.

Die polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord en kon nog nie vasstel wat die motief vir die aanval was nie.

Makhele sê ’n tweede voorval het Donderdagaand omstreeks 21:15 plaasgevind toe ’n 60-jarige vrou en haar dogter in hul huis televisie gekyk het. ’n Man het ’n ruit gebreek en die twee vroue met ’n mes gedreig. Dit was ook in Panorama.

Makhele sê die vroue het hulle verset en in die struweling het die rower die ouer vrou in haar nek gesteek. Die man het ’n skootrekenaar gegryp en by dieselfde venster uitgevlug.

Mense wat meer weet van Donderdag se twee voorvalle kan ao. Jan Taljaard by 074 581 8444 of 058 307 7958 bel.

Verlede week is ’n 86-jarige vrou in haar huis in die dorp verkrag. Makhele sê die vrou het gehoor hoe iemand ’n ruit breek en ondersoek ingestel. Sy het op die inbreker afgekom wat haar toe met ’n mes aangehou het. Hy het dit gebruik om die klere van haar lyf af te sny, waarna hy haar verkrag het.

Hy het kruideniersware en geld gesteel voordat hy daar weg is.

Die vrou het by haar bure om hulp gaan aanklop.

Speurkaptein Aron Mbele ondersoek die verkragtingsaak en kan by 082 336 7760 of 058 307 7943 gebel word indien enigiemand meer inligting oor die saak het.

Meer oor:  Bethlehem  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.