Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Betogers brand Nduli-biblioteek in Ceres af

Die biblioteek in die woonbuurt Nduli in Ceres is Vrydagoggend afgebrand te midde van geweld en ontevredenheid oor behuising.

Die geweld het Dinsdag in die gebied uitgebreek en die R46 in die rigting van Sutherland en Touwsrivier is met brandende bande versper. ’n Vragmotor en munisipale voertuig is Woensdagaand aan die brand gesteek, terwyl motoriste wat van die R46 gebruik wou maak met klippe bestook is.

Die brandende biblioteek. Foto: Facebook/Simphiwe Boyce-Magaaz Khethani

Volgens die munisipaliteit is die biblioteek gedeeltelik afgebrand en rekenaars is gesteel.

Die polisie het Vrydagmiddag gehelp om die situasie te ontlont, sê kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

“Ons lede is steeds in die gebied en help om die orde te handhaaf. Gevalle van openbare geweld en brandstigting word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem vir die afbrand van die biblioteek nie.”

Woensdag is drie mense in hegtenis geneem vir openbare geweld, twee mans van 25 en 38 jaar oud, asook ’n minderjarige. Die minderjarige is in die sorg van sy ouers, sê Mihlali Majikela, nog ’n polisiewoordvoerder.

Volgens die Witzenberg-munisipaliteit gaan die geweld oor die toekenning van huise in die Vredebes-behuisingsprojek oorkant Nduli.

Inwoners van Nduli het Vrydag hul teleurstelling uitgespreek dat die biblioteek verwoes is en sê gemeenskapsleiers moes dit gekeer het.

Meer oor:  Ceres  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.