Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Betogers eis weermag-optrede teen bendes in PE
Die betogers in Port Elizabeth eis dat die weermag ook in die bendegeteisterde gebiede hier ontplooi word. Foto: Cara-Lee Dorfling

’n Groep van sowat 1 000 mense het Woensdagoggend na Port Elizabeth se bendegeteisterde gebied opgeruk en eis dat die weermag in dié gebied ontplooi word.

Dié optrede kom nadat Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, die bendegeteisterde Bethelsdorp Dinsdag besoek en gesê het dat die weermag se ingryping nie nodig is nie.

Mabuyane het gesê die polisie se statistieke dui daarop dat die polisie en ander wetstoepassers bevoeg genoeg is om bendegeweld te bekamp.

Maar inwoners van Chatty en Booysenpark meen die polisie het geen beheer oor die bendes nie en glo dat die weermag die enigste oplossing is.

Die polisie is teenwoordig. Foto: Cara-Lee Dorfling

“Ek is self in die weermag,” sê Daan Bruintjies, terwyl hy sy weermag-identiteitskaart wys.

“Die hele noordelike gebied word deur bendes oorheers. Ek kan nie eens ’n week weggaan en my gesin hier los nie. Ek weet wat die weermag kan doen, en dit is nou hier nodig,” meen Bruintjies.

Montambi John, ’n inwoner van Chatty, sê die gemeenskap wil ’n polisiekantoor in die gebied hê. Sy sê Bethelsdorp se polisiekantoor is te ver en die lede is glo te korrup om hul sake te hanteer.

Volgens haar weet Mabuyane nie wat op voetsoolvlak met die bendegeweld gebeur nie, aangesien die ministers en ander hoëlui nie die bendegeteisterde gebiede besoek nie.

Sy meen dit is al lankal nodig dat die weermag se hulp ingeroep word, nog voordat die weermag onlangs in Kaapstad ontplooi is.

Die polisie se eenheid vir openbare orde en die metropolisie het Woensdagoggend ’n hoë sigbaarheid in Booysenpark gehandhaaf, terwyl betogers paaie met brandende buitebande en klippe versper het.

DIe mense eis dat die weermag ook in Port Elizabeth ontplooi word. Foto: Cara-Lee Dorfling

Meer oor:  Bendegeweld  |  Bendes  |  Bethelsdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.