Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Betogers gooi bus en motors met petrolbomme
Die bus wat op die Ou Faureweg in Eersterivier aan die brand gesteek is. Foto: Jaco Marais

Betogers het Woensdag ’n bus en twee motors in Eersterivier met petrolbomme bestook.

Die voorval het omstreeks 06:35 op die Ou Faureweg tussen Spine- en Mew-weg gebeur, sê Richard Coleman, woordvoerder van die verkeersdienste in Kaapstad.

“ ’n Bus en twee motors is beskadig en ’n aantal voertuie is met klippe bestook,” sê Coleman.

’n Bus is Woensdag in ’n betoging oor behuising op die Ou Faureweg in Eersterivier aan die brand gesteek. Foto: Jaco Marais

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste, sê die diens is om 08:22 ontbied en die vlamme was teen 08:53 geblus.

Die vlamme is uiteindelik geblus nadat betogers dié bus in Eersterivier aan die brand gesteek het. Foto: Jaco Marias

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê polisielede is weens ’n betoging oor behuising ontbied.

“Die situasie is nou rustiger, maar die polisie bly in die omgewing om reg en orde te handhaaf,” sê hy.

’n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld word ondersoek.

Lede van die brandweer blus die vlamme nadat betogers die bus aan die brand gesteek het. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Eersterivier  |  Betogers  |  Motors  |  Petrolbomme  |  Bus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.