Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Betogers laat brandweer brand
Betogers in Kaapstad het vroeg Donderdagoggend die brandweerstasie in Gugulethu “aangeval” en die voorkant van die stasie is erg beskadig nadat dit aan die brand gesteek is, volgens die Kaapse metroraad. Foto: Kaapse metroraad

Betogers in Kaapstad het oornag die brandweerstasie in Gugulethu aangeval en aan die brand gesteek, met erge skade aan die voorkant van die gebou.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het vroeg Donderdagoggend bevestig dat die gebou ontruim moes word en personeel moes wag vir die metropolisie en wetstoepassers om die betogers uiteen te jaag.

Foto: Kaapse metroraad

Geen beserings is aangemeld nie.

“Brandbestryders van Mitchells Plain het op die voorval gereageer, maar moes ’n ompad vat weens paaie wat met brandende motorbande versper is.”

Volgens Layne is die voorkant van die brandweerstasie ernstig beskadig, insluitend die kamer waar brande gemonitor word, die deure vir brandweerwaens en ’n veiligheidshek by die ingang.

Daarby is kantore aan die agterkant van die stasie ook aan die brand gesteek en is hewige skade aan een deel aangerig.

Foto: Kaapse metroraad
Foto: Kaapse metroraad
Foto: Kaapse metroraad
Foto: Kaapse metroraad

Meer oor:  Theo Layne  |  Gugulethu  |  Betoging  |  Brandweerstasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.