Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Betogers ‘speel kat en muis’ met polisie

Betogers het Dinsdagoggend in Gqeberha (Port Elizabeth) binne drie ure twee passasiersbusse en drie vragmotors aan die brand gesteek.

Geen beserings is by die polisie aangemeld nie.

Die betogings is glo weens swak dienslewering en het omstreeks 05:00 op die R335 in Motherwell begin, maar na verskeie ander hoofroetes in die Nelson Mandelabaai-metro oorgespoel.

Twee busse is ook Dinsdagoggend in Motherwell aan die brand gesteek. Foto: Lulama Zenzile

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê betogers het ’n vragmotor by ’n vulstasie naby Markman gekaap en daarna dit op die hoek van die R335 en M17 aan die brand gesteek.

Sowat ’n uur later het betogers nog twee vragmotors op die hoek van die R335 en Ou Grahamstad-weg aan die brand gesteek.

Omstreeks 07:30 het betogers op die M17 twee Algoa-busse geteiken. Albei busse is uitgebrand.

Een van die drie vragmotors wat Dinsdag in Motherwell in Gqeberha uitgebrand is. Foto: Lulama Zenzile

Tussen die chaos deur word buitebande ook op die R75 tussen Despatch en Gqeberha gebrand.

Motoriste sê op sosiale media betogers het hul motors met klippe bestook, maar Beetge kon nog nie bevestig of enige sake hieroor aanhangig gemaak is nie.

Beetge sê lede van die eenheid vir openbare orde is ontplooi.

Hy sê betogers is besig met ’n kat-en-muis-speletjie, deur klippe te gooi en dan weg te hardloop. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie het ook nog nie opgetree nie.

Die R335 by Motherwell is vir verkeer gesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.