Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bevinding oor konstabel se dood eers later bekend

Dit kan weke neem voor dit amptelik bevestig kan word of ’n polisiebeampte wat Woensdag in Stellenbosch gesterf het, deur ’n kollega geskiet is of nie.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê na afhandeling van die lykskouing, wat vir Vrydag geskeduleer is,” sal ’n voorlopige verslag saamgestel word.

Konst. Nceba Kolina (31).Foto: Verskaf

Volgens Dlamini kan dit tot ses weke neem vir die uitreiking van ’n finale verslag oor die voorval waarin konst. Nceba Kolina (31) van die Stellenbosch-polisiekantoor Woensdag dood is. Hy het saam met kollegas en veiligheidswagte van Titanium Securitas, ’n private maatskappy, vermeende huisrowers op ’n plaas buite Stellenbosch agternagesit. Kolina is doodgeskiet, vermoedelik deur ’n kollega of deur die veiligheidswagte van die private maatskappy.

* Lees meer: Ballistiese toetse sal wys wie konstabel geskiet het

Kolina is volgens bronne na aan die ondersoek op sy rug gekry nadat hy glo agter die kop geskiet is. Die skietery het Woensdag omstreeks 21:50 langs Eersterivier naby die Meerlust-wynplaas in Stellenbosch gebeur.

Dlamini sê geen inligting oor die voorlopige verslag oor Kolina se dood kan bekendgemaak word nie.

“Indien daar gevind word dat Kolina deur ’n kollega geskiet is, sal Opod die ondersoek oorneem.”

Titanium Securitas, met hul hoofkantoor in Brackenfell, het Donderdag op in ’n verklaring op Facebook gesê lede van hul mediese eenheid was Woensdag op die toneel waar Kolina geskiet is.

“Ongelukkig was daar niks wat ons mediese span kon doen nie,” lui die verklaring.

“Ons innige simpatie aan die gevalle held, sy familie en mede-polisielede,” lui die inskrywing.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek duur voort.

“Dit is nie moontlik om in dié vroeë stadium uit te brei oor die ondersoek nie,” sê hy.

Die misdaadtoneel naby die Meerlust-wynplaas. Foto: Adrian de Kock
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.