Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bfn-sakeman geskiet, beroof

’n Bloemfonteinse sakeman word in die hoësorgeenheid van die Life Rosepark-hospitaal vir ’n skietwond behandel nadat hy Donderdagaand by sy onderneming oorval is.

Vyf mans het Jan Smit (65), eienaar van Triprod in Harveystraat, wat in veevoer spesialiseer, en ’n veiligheidswag, Isaac (sy van is nie aan Netwerk24 bekend nie), omstreeks 18:45 aangeval en vasgebind.

Smit is in die bolyf geskiet en die rowers het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Die veiligheidswag se gesig is geswel, maar hy het nie ernstige beserings in die aanval opgedoen nie.

Volgens Ian Smit gaan dit onder omstandighede “oukei” met sy pa en is hy positief ná die aanval.

“Hulle het die kluis se sleutels geëis, alles gevat wat hulle kon en in die proses is my pa geskiet voordat hulle gevlug het.”

Ian sê nadat die mans gevlug het, het die veiligheidswag homself losgewikkel en ook sy pa losgemaak.

Hy het hom ook intussen na die winkel gehaas omdat sy pa nie sy oproepe beantwoord het nie en op sy gewonde pa afgekom.

Die nooddienste is ontbied, waarna sy pa gestabiliseer en hospitaal toe geneem is.

“Ek is geskok, teleurgesteld. Dit is moeilik om te aanvaar wat met Pa gebeur het, maar dít is nou die realiteit van ons land. Dit is hoe dit is.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Sakeman  |  Beroof  |  Geskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.