Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bfn-speurder se duur bergfiets uit motorhuis gesteel

’n Private speurder van Bloemfontein gaan nie ophou soek totdat hy sy duur bergfiets opspoor het wat vroeër uit ’n motorhuis in Fichardtpark gesteel is nie.

Leon Rossouw se Specialized S-Works-bergfiets van sowat R120 000 is Saterdag uit die motorhuis in Schnehagesingel in Fichardtpark gesteel.

Rossouw gaan hier tuis terwyl hy die verdwyning van Andrew Whittingdale, wat op 3 Januarie 2014 spoorloos van ’n plaas buite Barrydale verdwyn het, ondersoek.

Die duur bergfiets van Leon Rossouw, private speurder van Bloemfontein, wat uit ’n motorhuis in die stad gesteel is Foto: Verskaf

Volgens Rossouw het hy Saterdag omstreeks 07:00 saam met vriende sowat 50 km op die fiets gaan ry.

Met sy terugkoms ná sowat twee uur het hy die fiets in die motorhuis gebêre en die motorhuisdeur toegemaak. Daar is ook ’n elektriese omheining om die erf.

Rossouw sê toe hy om 11:00 weer van die huis af weg is, was sy fiets steeds daar.

Met sy terugkoms omstreeks 20:00 was die fiets egter nie meer in die motorhuis nie. “Ek wens ek kan die gevoel beskryf toe ek nie my fiets kry waar ek dit gelos het nie. Ek het vir ’n oomblik geglo iemand het die fiets weggesteek, net om later te besef niemand in die huis dra kennis van die fiets nie. Dit is ’n onbeskryflike, aaklige gevoel.”

Hy het die fiets se wielspore naby die huis in ’n grondpad en in ’n enkelspoor in ’n paadjie in die veld in die rigting van die Fleurdal-winkelsentrum gesien.

Leon Rossouw se bergfiets wat gesteel is. Foto: Verskaf

Die volgende dag het straatsmouse by ’n verkeerslig vir hom gesê hulle ’n man die vorige aand met die fiets gesien. Hy het glo die fiets in die rigting van die winkelsentrum gestoot.

Rossouw sê die fiets is deel van sy lewe.

“Dit is meer as net ’n fiets, dit is deel van my. As ek op die fiets is, kry ek my kop skoon. Dit is my chill pill. Dit is waar ek nuwe gedagtes en planne vir my werk kry.”

Hy sê hy gaan nie ophou soek nie.

“Ek het nooit gedink dit sou met my gebeur nie, maar ek gaan alles in my vermoë doen om my fiets terug te kry.

“Ek is ook bereid om ’n beloning te betaal vir inligting wat tot die opsporing van my fiets kan lei.”

Die fiets het ’n turkooiskleurige raam met die naam S-Works wat in swart aan weerskante van die raam geskryf is.

Die raam se reeksnommer is WSBC 604 902 537J en die vurk se reeksnommer is 27T5229 0523.

Volgens Rossouw is die twee reeksnommers uniek en kan dit gebruik word om die fiets te identifiseer.

Daarmee saam het die fiets Magura-remme, Look S-Track-pedale met SRAM-onderdele, terwyl die agterste band ’n Specialized Renegade 29 x 2.3 en die voorste band Specialized Fast track 29 x 2.3 is.

Enigiemand wat die fiets dalk sien, kan Rossouw by 079 240 3491 bel.

Meer oor:  Leon Rossouw  |  Bloemfontein  |  Bergfiets  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.