Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bishop Lavis ruk op oor geweld

’n Groep van sowat 300 mense in Bishop Lavis het die strate ingevaar uit protes teen bendegeweld en dwelms, en vra dat hul woongebied beveilig word.

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-metro se verkeersdienste, sê verskeie strate is gesluit omdat die groepe op verskillende plekke byeenkom.

Betogers word Woensdagoggend tydens ’n betoging in Valhallarylaan deur die polisie dopgehou.Foto: Facebook/Voice of the Cape

Die polisie se eenheid vir openbare orde en die metropolisie is op die toneel en hou die situasie dop.

Coleman sê die groep Bishop Lavis Action Community het die betoging gereel.

Paaie wat gesluit is, is Valhallarylaan tussen Owen- en Jakkalsvleistraat, sowel as Myrtle- en Tafelbergstraat.

Die gemeenskap van Bishop Lavis is keelvol vir bendegeweld en misdaad in hul gebied en vra hulp van die owerhede om die probleme te bekamp. Foto: Facebook/Voice of the Cape

Inwoners wil glo ’n memorandum aan ’n wyksraadslid oorhandig in ’n poging om bendegeweld en misdaad te voorkom.

Hierdie protesoptrede is een van vele wat die afgelope paar weke in sekere dele van Kaapstad gehou is.

Inwoners van Kensington, Bonteheuwel en Elsiesrivier het ook onlangs betoog.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Geweld  |  Bishop Lavis  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.