Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Blinde man aangerand, ma dood in rooftog

’n 71-jarige blinde man is steeds in ’n bedenklike toestand in die Mankweng-hospitaal buite Polokwane nadat rowers hom Saterdag in sy huis aangerand het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die man se 90-jarige ma is dood nadat sy veelvuldige beserings in die aanval opgedoen het.

Die polisie het Donderdag twee verdagtes van onderskeidelik 33 en 37 jaar oud in hegtenis geneem.

Ngoepe sê die man, wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word, en sy ma het Saterdagaand in hul huis in die Marobala-nedersetting in Mankweng geslaap toe daar by hul huis ingebreek is.

Die aanvallers het geld geëis.

Die 90-jarige vrou en haar seun is geslaan en met ’n skerp voorwerp gesteek voordat die rowers gevlug het.

Van die bure het die polisie en nooddienste gebel.

Die 90-jarige vrou is op die toneel dood verklaar.

Ngoepe sê die gemeenskap het die polisie ingelig oor waar die vermeende moordenaars is en dit het gehelp om hulle Donderdagaand by ’n taverne in hegtenis te neem.

Die twee mans sal eersdaags in die landdroshof in Mankweng verskyn op aanklagte van moord, huisrooftog en poging tot moord.

Meer oor:  Polokwane  |  Rooftog  |  Aanval  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.