Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Blitspatrollie trek kapers vas

Lede van die Maitland-blitspatrollie het drie vermeende kapers vasgetrek ná ’n jaagtog in Lavender Hill. Daar is ook beslag gelê op vuurwapens en ammunisie.

Die vuurwapen en ammunisie waarop polisie beslag gelê het.Foto: Verskaf - SAPD

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê lede het omstreeks 21:30 gehoor van ’n voertuig wat in die Steenberg-omgewing gekaap is.

Volgens die polisie het die voertuig ’n opsporingstoestel gehad en was die polisie gou op die verdagtes se spoor.

Inligting dui daarop dat die gekaapte voertuig glo verby die blitspatrollie-lede gejaag het en geweier het om te stop, toe die polisie hulle agterna sit.

“ ’n Jaagtog het gevolg en kort daarna het die voertuig teen ’n polisie-voertuig gebots en die insittendes het wild op die lede begin los brand. Die voertuig het tot stilstand gekom en die vier verdagtes het uitgespring en probeer vlug. Drie van die verdagtes is aangekeer en ’n vierde is steeds op vrye voet.”

“Op die toneel is beslag gelê op ’n ongelisensieerde 9 mm-pistool, 12 patrone en ’n .38 Special-rewolwer.”

Van Wyk sê ’n reeks aanklagte staar die drie verdagtes, wat tussen 18 en 36 jaar oud is, in die gesig. Dit sluit in poging tot moord, die besit van ’n gekaapte voertuig, die besit van ’n verbode (prohibited) en ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook roekelose en nalatige bestuur.

Die verdagtes sal Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.