Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bloch-moord: Speurders volg elke leidraad op
Aubrey Jackson en Rosalie Bloch is Saterdag dood in hul huis in Mowbray gevind. Foto: Facebook/Lance Bloch

Speurders wat die moord op die ANC-veteraan Cheryl Carolus se skoonma en haar lewensmaat ondersoek, het glo vyf dae in die moordhuis deurgebring om alle leidrade na te gaan.

Bronne vertroud met die ondersoek het Dinsdag gesê die speurders, insluitende lede verbonde aan die polisie se forensiese afdeling, het die huis en die vertrekke waar die lyke van Rosalie Bloch (85) en haar lewensmaat, Aubrey Jackson (95), gevind is met ’n “fyn kam” deurgegaan.

Netwerk24 kan ook onthul dat Bloch en Jackson albei verwurg is.

Bloch en Jackson se lyke is Saterdag omstreeks 08:30 deur haar seun Shaun Bloch in hul huis in Mowbray gevind.

Hulle was veronderstel om ontbyt saam met Shaun te gaan eet.

Netwerk24 het Maandag berig dat Bloch se lyk op ’n bank in die sitkamer gevind is. Jackson se lyk is in die studeerkamer gevind.

Shaun het die naweek gesê daar is by ’n venster agter die huis ingebreek.

Hy het toe gesê dat sy ma met ’n kussing versmoor is.

Een van die bronne sê daar is baie politieke druk op die speurders om die moordenaars te vang. “Onthou, dis Cheryl Carolus se skoonma. So, die druk is baie groot.”

Die polisie probeer glo ook nog vasstel presies wat uit die huis gesteel is.

’n Gedenkdiens waar almal welkom is, word beplan.

Bloch is die ma van dr. Graeme Bloch, ’n onderwyskenner en anti-apartheidstryder. Hy is met Carolus, ANC-veteraan en gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), getroud.

Bloch se ander seun Lance het Donderdag gesê ’n private gedenkdiens vir familie en vriende word vir volgende Woensdag vir sy ma en Jackson beplan.

’n Gedenkdiens waar almal welkom is, word vir die volgende dag beplan. “’n Plek groot genoeg vir die diens word nog gesoek. Ek is seker dat honderde mense die gedenkdiens sal wil bywoon. Baie mense het my ma geken,” sê Lance.

Hy sê finale reëlings sal mettertyd bekend gemaak word.

Volgens Lance is die lykskouing op sy ma en Jackson reeds afgehandel. Hy wou nie sê wat die uitslae is nie.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hy sê speurders werk onverpoosd om die moordenaars te vang.

Meer oor:  Cheryl Carolus  |  Rosalie Bloch  |  Ondersoek  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.