Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bloed loop toe vrou motorkaper aanvat

Terwyl Colleen van Rensburg (38) van Parklands, Kaapstad, vroeg Dinsdagoggend by haar huis in die woonkompleks waar sy woon haar tasse in haar motor gelaai het voordat sy werk toe ry, het sy ’n man in ’n “hoodie” gesien wat haar van agter af bekruip.

Colleen van Rensburg (38) ná die struweling met ’n motorkaper. Foto: Verskaf

“My vyfjarige seuntjie was toe al vasgemaak op die agtersitplek. Ek het gehoor die man sê iets oor my kind, toe begin ek net gil,” sê Van Rensburg.

“Ek het wat ek dink ’n skroewedraaier was, in sy hand gesien. Hy het my kind se skoolsak gegryp en dit eenkant gegooi, toe sien ek hy klim agter die stuurwiel in,” sê sy.

Van Rensburg het vroeër die motorsleutel, saam met die sleutels van haar woonstel en haar beursie op die passasiersitplek gelos.

“Ek het gesien hy kyk of die sleutel in die motor is. Ek kan nie mooi onthou wat ek gedoen het nie, maar ek dink ek het hom uit die kar geruk,” sê Van Rensburg.

Colleen van Rensburg wys haar palm en pols ná die struweling met die kaper. Foto: Verskaf

“Hy het my twee keer op my neus geslaan en een keer op my voorkop. My neus het erg begin bloei en my seuntjie het geskree en gehuil.

“Ek weet nie eens of ek teruggeslaan het nie. Ek wou net my kind beskerm,” sê Van Rensburg.

Ná die struweling het die vermeende kaper na die sekuriteitshek van die woonkompleks gehardloop, waar iemand vir hom die hek oopgehou het. Die twee is met net die skoolsak weg.

’n X-straal wat later van Van Rensburg se neus geneem is, het gewys dit is gelukkig nie gebreek nie. Sy is ook getoets vir harsingskudding weens die harde hou op haar voorkop.

Van Rensburg sê sy het die voorval by die polisie aangemeld.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kaping  |  Aanval  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.