Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bloedbad skok inwoners van Khayelitsha

Inwoners van Site C in Khayelitsha was Donderdag angsbevange en geskok oor die bloedbad Woensdag in hul woonbuurt.

Ses mense is Woensdagmiddag dood en nog vier gewond toe gewapende mans by ’n huis in Solomons Tshukustraat op mense begin losbrand het.

Brig. Nowela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Khayelitsha is omstreeks 16:00 ontbied.

Potelwa sê die motief vir die moord is nog onbekend.

“Niemand is al in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.”

Volgens Potelwa ondersoek speurders van die eenheid vir georganiseerde misdaad die saak.

Geweld het absoluut geen plek in ons samelewing nie.

Phindile George, sekretaris van die Khayelitsha Gemeenskapspolisiëringsforum, sê inwoners van Site C was Donderdag geskok oor die sinnelose aanval.

“Ons gebied is vasgevang in die kloue van geweld. Bejaardes, vroue en kinders lewe in vrees. Niemand weet wat hier aan die gang is nie. Ons probeer agter die kap van die byl kom oor die reeks moorde in die woonbuurt. Dit lyk asof dinge net erger raak,” sê George.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die skietery skerp veroordeel.

“Die polisie is steeds nie seker oor die motief nie. Ek doen ’n beroep op die polisie om geen steen onaangeroer te laat in hul ondersoek nie. Ons kan nie laat slaplê en toelaat dat geweldsmisdaad die veiligheid van ons gemeenskappe ondermyn nie.”

Fritz het sy medelye uitgespreek met die familielede en geliefdes van die slagoffers.

“Geweld het absoluut geen plek in ons samelewing nie. Ek wens die slagoffers in die hospitaal ’n spoedige herstel toe,” sê Fritz.

Enigeen met inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel of die MySAPS-app te gebruik.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Bloedbad  |  Moord  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.