Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bloedspoor lei polisie na vermeende moordenaar se huis

’n Bloedspoor het polisie reguit na ’n 33-jarige man se huis gelei wat glo kort tevore ’n moord in Turflaagte, Bloemfontein, gepleeg het.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê twee mans het Sondag glo vir Vuyo Oscar Kalane (33) in Turflaagte aangeval en met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Die mans het na bewering oor geld gebaklei toe Kalane gesteek is. ’n Swaar gewonde Kalane het probeer vlug en het ’n bloedspoor agtergelaat voordat hy sowat 100 m van die vermeende moordenaar se huis, waar die voorval glo gebeur het, inmekaargestort het.

Makhele sê die slagoffer het nog geleef toe twee polisiebeamptes van Bayswater, wat besig was met patrollie, op hom afgekom het. Hy het aan sy wonde beswyk toe die beamptes nog besig was om ’n ambulans te ontbied.

“Die beamptes het gesien daar is bloeddruppels wat na ’n informele nedersetting lei en het die bloedspoor gevolg. Dit het die beamptes na ’n plakkershut gelei waar hulle ’n man met bebloede hardloopskoene gekry het,” sê Makhele.

Die man is in hegtenis geneem en na die Kopanong-polisiekantoor geneem. Die ondersoek het die polisie na ’n tweede verdagte se huis gelei, maar hy was nie tuis nie.

Makhele sê dié man het hom Maandagoggend aan die polisie oorhandig.

Hulle sal binnekort op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

* Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om die Kopanong-polisiekantoor by 051 423 2007 of die polisie se noodnommer 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Vuyo Oscar Kalane  |  Turflaagte  |  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Vermeende Moordenaar  |  Moord  |  Bloedspoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.