Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seesig-moord: Vrou se kop in sak in bosse
Lynette Volschenk. Foto: Facebook

Haar kop is afgesaag en in ’n inkopiesak in bosse naby die woonstelgebou in Bellville waar sy gewoon het, versteek.

Lynette Volschenk (32) se vermeende moordenaar, Kyle Shuan Ruiters (24), verskyn Maandag in die landdroshof in Bellville op aanklag van moord.

Ruiters is Donderdag in hegtenis geneem.

Volschenk se kop is Vrydag in ’n soektog deur die polisie in die bosse naby die Seesig-woonstelgebou in Loevenstein gevind.

Die presiese oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Ruiters en sy tante, ’n advokaat van Kaapstad, woon op die negende verdieping van die woonstelgebou en Volschenk het op die tiende verdieping gewoon.

Ruiters se tante het hom glo as tweejarige aangeneem. Hy is glo ’n susterskind.

Hy is ’n oudleerling van die bekende Kaapse seunskool Wynberg Boys High. Ruiters het glo vir die Westelike Provinsie yshokkie gespeel.

Sy tante wou nie Sondag kommentaar lewer nie.

Ruiters het Volschenk se lyk nadat hy haar na bewering vermoor het, glo met ’n ystersaag en ’n mes aan stukke gesny.

Ruiters het Volschenk se lyk nadat hy haar na bewering vermoor het, glo met ’n ystersaag en ’n mes aan stukke gesny en van haar liggaamsdele in swart en ander plastieksakke gesit.

Bronne met kennis van die ondersoek sê van haar liggaamsdele is in die woonstel waar Ruiters saam met sy tante woon, gevind.

Liggaamsdele is glo ook in Volschenk se eie woonstel gevind.

Liggaamsdele en bloed is glo ook gevind in die rommelskag langs die woonstel waarin Ruiters woon.

Ruiters se tante was ten tyde van die moord glo uitstedig vir werk en het eers Donderdag teruggekeer Kaapstad toe.

Inwoners van die gebou wat gevra het om anoniem te bly, sê hulle het die opsigter Woensdagaand in kennis gestel van ’n vrou wat in Volschenk se woonstel gil en ’n deurlopende gekap daarna.

Die opsigter is glo Woensdagaand in kennis gestel van ’n vrou wat in Volschenk se woonstel gil en ’n deurlopende gekap daarna.

Hulle het die opsigter gevra om veiligheidswagte na die woonstel te stuur, maar niks het gebeur nie.

’n Foto van ’n jonger Kyle Ruiters in sy skoolklere. Foto: Facebook

Hulle sê die vermoede bestaan dat die vermeende moordenaar Volschenk, wat hulle as ’n baie private mens beskryf, agtervolg het en dat hy Woensdag dalk toenadering gaan soek het.

Ruiters en sy tante woon glo al meer as ’n dekade in die woonstelgebou. Volschenk woon glo sowat vyf jaar daar.

Netwerk24 het Saterdag berig dat ’n vriendin van Volschenk haar Woensdag in die hande probeer kry het en gesien het sy was die middag 16:45 laas aktief op WhatsApp.

Volschenk se kollegas in die Lyners-ingenieursfirma in die Tyger-waterfront, Bellville, het Donderdag gaan ondersoek instel nadat sy nie by die werk opgedaag het nie.

Hulle het Ruiters glo in haar woonstel aangetref waar hy glo besig was om die mure te verf.

Hy het glo gesê hy is betaal om die mure te verf en wou toe glo loop. Haar kollegas het glo geweier dat hy loop en die polisie gebel.

Inwoners sê die hele woonstel was met bloed besmeer.

Sondag het meer as 7 638 mense al ’n petisie op die webblad Change.org onderteken dat Volschenk se vermeende moordenaar nie borgtog moet kry nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.