Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar se lyke met skietwonde in huis gevind
Nathan (46) en Megan (32) Maarsdorp. Foto: FACEBOOK

Huldeblyke het Sondag ingestroom vir ’n egpaar van Bloemside in Bloemfontein wat die vorige dag tragies tydens ’n skietery by hul huis gesterf het.

Die polisie het Saterdag omstreeks 14:50 op Nathan Maarsdorp (46) en sy vrou, Megan (32), se lyke in hul huis in Sonvisstraat afgekom.

Maarsdorp het na bewering eers sy vrou geskiet voor hy homself geskiet het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het op die egpaar, wat drie jong kinders het, se lyke afgekom nadat bure die polisie gebel het.

Albei het skietwonde aan hul koppe gehad. ’n Pistool is op die vloer in die huis aangetref.

Volgens Mbambo het die bure die vorige dag saam met die egpaar gedrink, maar toe hulle Saterdag weer na hulle roep en daar nie antwoord is nie, het hulle ondersoek gaan instel.

Volgens Mbambo sal die eienaarskap en wettigheid van die vuurwapen ondersoek word. Die motief vir die skietery is nog onbekend.

Een van die bure het by die deur ingeloer het gesien Megan sit op die bank met bloed wat by haar mond uitkom. Haar man het bebloed op die grond naby haar gelê.

Die bure het die polisie gebel en beamptes moes die deur oopbreek om toegang tot die huis te verkry. Die twee ouers was alleen tuis en dit is nie seker waar hul kinders was nie.

Volgens Mbambo sal die eienaarskap en wettigheid van die vuurwapen ondersoek word. Die motief vir die skietery is nog onbekend.

’n Moord en geregtelike doodsondersoek is begin.

Koekoe Leon, ’n vriendin van Megan, het op Facebook geskryf: “Mag jou siel in vrede rus, my suster. Sal jou altyd liefhê.”

Nog ’n vriendin het geskryf: “Omw, ek is sprakeloos, mag jou mooi siel in R.I.V. My innige meegevoel aan jou familie. So, so hartseer.”

Althea Adams het geskryf: “R.I.V. my tannie Megan en oom Nathan Maasdorp. Mag julle kosbare siele rus welrest well.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Ondersoek  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.