Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bloem-sakeman vas wat glo nie houthuise bou

’n Bloemfonteinse sakeman wat glo talle mense uit meer as ’n miljoen rand bedrieg het en deur die polisie gesoek is, is Donderdag in Gordonsbaai by ’n seiljagklub gesien en kort daarna in hegtenis geneem.

Die man, wat twee ondernemings bedryf, het glo deposito’s vir houthuise aanvaar, maar nooit die huise gebou nie.

Augnischa van Rooyen van Welkom sê sy en haar man, Rico, het ’n R130 000-deposito betaal om ’n huis langs die Vaalrivier in die Oppiewater Estate te laat bou.

“Hy het ons droom gesteel,” sê Van Rooyen.

Een van die man se ander slagoffers, Chris Hattingh van Orania in die Noord-Kaap, het in Hopetown ’n klag ingedien en die sakeman is op grond van dié lasbrief in hegtenis geneem.

Hy het ons droom gesteel.

Hattingh wou ’n houthuis in Arlington in die Vrystaat bou.

Hy sê hy het sy huis in Orania verkoop en is eintlik nou sonder blyplek.

Hattingh het ’n R110 000-deposito betaal en sou nog R110 000 moes betaal.

Minstens vyf mense het glo hul deposito’s verloor.

Graham Morrisby van Kaapstad sê hy en die sakeman het ’n tyd gelede bevriend geraak nadat hulle mekaar by die seiljagklub in Gordonsbaai ontmoet het.

Morrisby het by ’n vriendin gehoor dat die polisie die man soek en hom Donderdag by die seiljagklub gesien.

Morrisby het die man agtervolg toe hy na ’n vulstasie gery het en die polisie gebel, waarna hy in hegtenis geneem is.

Een van die man se slagoffers het ’n beloning van R5 000 vir sy inhegtenisneming uitgeloof wat nou aan Morrisby oorbetaal sal word.

Kapt. F.C. van Wyk, ’n polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat die man in hegtenis geneem is en binnekort in Hopetown in die hof sal verskyn.

Meer oor:  Augnischa Van Rooyen  |  Welkom  |  Bloemfontein  |  Sakeman  |  Miljoen Rand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.