Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bloemfontein: Vermeende rower op hoewe gedood

’n Vermeende huisrower is Saterdagaand doodgeskiet en sy makker gearresteer toe veiligheidswagte op ’n alarm op ’n hoewe in die Bloemspruit-gebied buite Bloemfontein reageer het.

’n Bejaarde egpaar, onderskeidelik 70 en 80 jaar oud, is volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, omstreeks 22:00 die aand in hul huis op die Shannon-hoewes aangeval.

Mbambo sê twee aanvallers het die egpaar se veiligheidsdeur en deur oopgebreek om in die huis te kom.

Die huisalarm het afgegaan, maar die twee het die egpaar vasgebind en met ’n panga en hamer aangerand.

Twee veiligheidswagte van Senforce Security het intussen op die alarm reageer en hulle na die hoewe gehaas.

Die huisrowers het die veiligheidswagte aangeval en die wagte het in noodweer een van die mans doodgeskiet.

Die ander een is op die toneel in hegtenis geneem.

Mbambo sê die twee slagoffers is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Een van hul selfone is in die oorledene se besit gevind.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin en ondersoek ook klagte van huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Meer oor:  Bloemspruit  |  Bloemfontein  |  Doodgeskiet  |  Rower
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.