Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Bloubul' Botha: 2 moordverdagtes ontsnap
Dries Botha wat verlede jaar in ’n plaasaanval naby Brits vermoor is.

Twee vermeende plaasmoordenaars het Donderdagoggend saam met vier ander mans vanuit ’n aanhoudingsel by die Hartbeespoortdam-polisiekantoor ontsnap.

Felix Mlambo (26) en Caiphus Shilenge (26) word saam met nog ander verdagtes, wat nié saam ontsnap het nie, verbind met die moord op Dries Botha naby Brits op 4 Julie verlede jaar.

Kapt. Sam Tselanyane, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het bevestig dat ses verhoorafwagtendes “in die vroeë oggendure uit wettige aanhouding” ontsnap het.

Hy wou nie in dié stadium enige besonderhede rondom die ontsnapping bekend maak nie, maar het bevestig dat twee van die ses ontsnaptes “van die verdagtes is wat aangekla word van die moord op ’n hoewe in Kleinfontein aan die buitewyke van Hartbeespoortdam verlede jaar”.

Hy het ook bevestig dat dié twee Mlambo en Shilenge is.

“Ons ondersoek nog hoe die ses ontsnaptes weggekom het. Ons vra enigeen met inligting wat kan lei tot die ontsnaptes se arrestasie om die naaste polisiekantoor of die ondersoekbeampte te bel,” sê Tselanyane.

Verskeie buurtwaggroepe, asook Botha se vrou, is ingelig van die ontsnapping.

Mlambo en Shilenge word saam met Promise Mlambo (26), Trust Mfofiti (20), Joshias Mgwenya (26), Tshepo Mokgobo (26) en Thomas Sambana (18) daarvan verdink dat hulle vir Botha op sy plaas vermoor het. Hy is sewe keer geskiet.

Ons ondersoek nog hoe die ses ontsnaptes weggekom het.
Felix Mlambo
Caiphus Shilenge

Die Mlambo-broers is ’n tweeling en albei oudwerknemers van Botha en sy vrou, Drieka.

Dié sewe se verhoor moet in Januarie in die landdroshof in Brits begin.

Ike Mkhaveli, die aanklaer, het vroeër tydens die sewe se laaste hofverskyning gesê hulle word daarvan beskuldig dat hulle op 4 Julie 2017 na Botha (58) se plaas gegaan het, gewapen met vuurwapens.

Botha, wat bekend was as “Bloubul Botha” en vir jare die Bloubul-padstal naby sy plaas bedryf het, is aangeval toe hy die huis verlaat. Hy is ’n paar dae later in die hospitaal dood.

Die aanvallers het gevlug sonder om iets te roof, het Mkhaveli gesê.

Die sewe verdagtes is op 6 Julie 2017 gearresteer op aanklagte van moord, die onwettige besit van twee vuurwapens en ook vir die besit van ammunisie.

Shilenge is van Mosambiek af en Mokgobo het voorheen aangevoer dat hy ’n Suid-Afrikaner van Kuruman is, maar dit het later in die hof uitgekom dat hy vermoedelik onwettig in die land is. Sy oorsprong is nog onbekend. Die ander vyf medebeskuldigdes is van Zimbabwe.

* Mense met inligting kan kol. Simon Mokwena bel by 082 856 1326.

Meer oor:  Brits  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.