Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bly kalm, vra LUR ná Zandspruit-boendoehof

Die voorval van boendoegeregtigheid Woensdagoggend in Zandspruit waarin vier mans dood en vyf ernstig beseer is, is “ten sterkste” deur Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, veroordeel.

“Hierdie grusame dade laat gemeenskappe dikwels getraumatiseerd en het op lang termyn ’n verwoestende uitwerking,” sê Mazibuko.

Voorlopige verslae dui daarop dat polisiebeamptes verbonde aan die Honeydew-polisiekantoor Woensdagoggend oor die boendoehofvoorval ingelig is. Met hul aankoms op die toneel het hulle ’n groep van meer as 200 mense op ’n oop stuk veld gesien saamdrom. Die groep het die polisie met klippe bestook.


Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Gallo Images

Die polisielede het versterkings aangevra en toe dié opdaag, is die groep uiteengejaag. Hulle het toe nege mans van tussen 20 en 30 jaar oud op die grond gesien lê. Hulle was erg aangerand en aan die brand gesteek.

Paramedici het vier op die toneel dood verklaar en die oorblywende vyf is met kritieke beserings na die Chris Hani Baragwanath- en Helen Joseph-hospitaal geneem.

Inwoners van die informele nedersetting sê hulle word geruime tyd deur misdadigers, veral jeugdiges, geterroriseer. Hulle het die mans na bewering na die sokkerveld geneem, waar hulle die mans aangerand en aan die brand gesteek het.

“Ons doen ’n dringende beroep op die gemeenskap om kalm te bly en selfbeheersing aan die dag te lê terwyl ons op ’n volledige verslag van die polisie wag en oplossings vir hul probleme soek,” sê Mazibuko.

“Hoewel ons verstaan dat gemeenskappe soms in die steek gelaat voel deur wetstoepassers, versoek ons hulle om nie die reg in eie hande te neem en die wet te oortree nie.” News24

https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/gauteng-safety-mec-calls-for-calm-after-mob-justice-incident-in-zandspruit-20210520

Meer oor:  Faith Mazibuko  |  Zandspruit  |  Lur  |  Boendoehof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.