Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bly oor 2de kans ná haar man haar skiet

“Jy moet maar vanaand sorg dat jy rondkyk.”

Met dié teksboodskap het die 74-jarige Nico Huysamen sy vrou, Lorinda (52), gedreig.

Lorinda Huysamen

Kort hierna het hy haar by die Vredenburgse provinsiale hospitaal, waar sy as teatersuster werk, voorgelê. Hy het haar in die nek geskiet en toe weggery. Dit was Oujaarsnag.

Sy lyk is later in sy motor by sy vrou se woonstel gevind. Hy het homself in die kop geskiet.

Lorinda het met ’n nekwond wat erg gebloei het na die private hospitaal Life Weskus gejaag. Hier het sy heel kalm aan die personeel gesê haar man het haar geskiet. So verskrik was van die personeel glo dat iemand die deure inderhaas gesluit het – uit vrees dat hy daar sou opdaag en hulle leed aandoen.

Die laaste paar maande van hul 18 jaar lange huwelik was na verneem word “stormagtig”.

Nico Huysamen

Nico het sy vrou glo die afgelope maande met boodskappe geteister en haar daarvan beskuldig dat sy by mans aanlê. Drie maande gelede het sy in haar eie woonstel ingetrek. Haar man se teistering het glo toe éérs begin.

Lorinda het Vrydag aan Rapport gesê: “Ek wil net vergeet en aangaan. Dis ook ontstellend vir die kinders.”

Sy het ook vertel hoe haar man haar altyd met die dood gedreig en vir haar gesê het sy is “lelik” en “nutteloos”, so erg dat sy later nie ’n goeie selfbeeld meer gehad het nie.

“Ek is nou besig om te leer om myself lief te hê. Dis lekker om myself weer te ontdek. Ek het ’n tweede kans gekry.

“My innige meegevoel aan sy familie en vriende. Ek weet julle het seer. Dit is hartseer dat hy sy eie lewe geneem het.”

Meer oor:  Selfdood  |  Poging Tot Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.