Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boekhouer steel glo R1,2 m. by hospitaal

’n Boekhouer wat daarvan beskuldig word dat hy sowat R1,2 miljoen gesteel het van ’n hospitaalsentrum wat in die rehabilitasie van gestremde pasiënte spesialiseer, het Dinsdag die eerste keer in die hof verskyn.

Johannes Willem Gieselbach (44) staan in die handelshof in Port Elizabeth tereg op 90 aanklagte van diefstal wat hy na bewering tussen Januarie 2016 en 25 Junie 2019 gepleeg het.

Luidens die klagstaat het Gieselbach in dié tyd as boekhouer vir die Aurora- gespesialiseerde hospitaal in Port Elizabeth gewerk.

’n Deel van sy werk was om namens die hospitaal betalings aan krediteure en diensverskaffers te doen.

Die betalings moes deur twee persone goedgekeur word, van wie Gieselbach een was.

Die klagstaat lui verder dat Gieselbach die betalings op ’n bank-app gelaai het voordat hy ’n afskrif daarvan en fakture aan Riesl Fick, die hospitaalbestuurder, verskaf het.

Fick sou dan die betalings verifieer voordat sy dit op die app goedkeur.

Vir die finale oorbetaling het Gieselbach goedkeuring op sy rekenaar gedoen. Maar hy het blykbaar kort nadat Fick die betalings goedgekeur het, die diensverskaffers en krediteure se bankrekenings met sy eie spaarrekening se besonderhede vervang.

Hy het glo R1 228 260,27 van die hospitaal se geld so gesteel.

Gieselbach is op borgtog van R2 000 vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot 15 Oktober uitgestel.

Meer oor:  Johannes Willem Gieselbach  |  Port Elizabeth  |  Hof  |  Boekhouer  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.