Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer (60) van Paarl in plaasaanval beseer

’n Boer van die Paarl-gebied is in die hospitaal nadat hy Saterdag midde-in die staat van nasionale inperking in ’n plaasaanval beseer is.

Die voorval het omstreeks 02:30 gebeur toe drie mans by ’n vraghouer op die plaas ingebreek het, sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.

Volgens Van Wyk het die 60-jarige boer beserings opgedoen nadat hy die inbrekers gekonfronteer het.

“Die boer het ondersoek ingestel en die mans het hom met ’n panga aangeval en weggehardloop. Die plaaseienaar is hospitaal toe geneem met beserings aan sy arms en kop,” sê hy.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en inbraak by ’n sakeonderneming. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens inligting op die Drakenstein-plaaswag (DFW) se Facebookblad is die slagoffer verskeie kere in die kop en rug gesteek nadat hy iets gehoor en ondersoek gaan instel het.

Die boer kon hulp ontbied en die DFW was binne minute op die toneel. Danksy sy groot radiobeheernetwerk is die polisie, honde-eenheid, mediese spanne en veiligheidsbeamptes onder meer ontbied.

Die plaaswag se mediese reaksiespanne het die bloeding gestop en die boer self hospitaal toe geneem.

Meer oor:  Paarl  |  Misdaad  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.