Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (77) op plaas in Noord-Kaap aangeval

’n Pensioenaris wat op die plaas Schaaprivier naby Komaggas in die Noord-Kaap woon is Vrydagaand in sy huis aangeval.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Komaggas ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat Paul Mostert (77) deur ’n aantal mans in sy huis aangeval is.

Mostert woon alleen op sy plaas.

“Daar is nog nie baie inligting oor die aanval nie, maar die mans het glo geklop en toe by die huis ingestorm toe Mostert oopmaak,” sê Kock.

Hy is met ’n wapen gedreig en oor die kop en in die gesig geslaan.

Die mans het die kragtoevoer na die huis afgesny voordat hy in die huis oorrompel is. Hulle het glo ook geld geëis. Die polisie kon nog nie vasstel of enigiets uit Mostert se huis gesteel is nie.

Volgens Fanie Mostert, ’n neef van die slagoffer, kon sy oom daarin slaag om die polisie op Komaggas te bel. Hy kon ook na hom toe ry.

Mostert het ’n ambulans ontbied en sy oom is na ’n hospitaal in Springbok gebring waar hy gestabiliseer is voordat hy na ’n hospitaal in Upington oorgeplaas is.

Hy het Vrydagaand op die groep Namakwaland Gedagtes op Facebook geskryf: “Mense ek hou nie van politiek nie, maar wat nou in ons land aangaan, maak my bitter. Hulle het netnou my 77-jarige oom in sy huis aangeval.”

Kock sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mense met inligting kan ao. Marlon Fielding by 082 448 6642 bel.

Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Paul Mostert  |  Noord-Kaap  |  Komaggas  |  Aanval  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.