Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer (79) van Limpopo in sy bed verwurg
René van Zyl (66) en haar man, Alwyn (79) is vroeg Vrydagoggend op hul plaas tussen Modimolle en Mookgophong aangeval.Foto: Verskaf

Drie mans wat moontlik betrokke was by die moord op ’n bejaarde boer van Limpopo is Vrydagoggend in hegtenis geneem.

Alwyn van Zyl (79) is op sy bed in die plaashuis op Bad se Loop tussen Modimolle en Mookgophong verwurg.

Sy vrou, René (66), is erg getraumatiseerd nadat sy met onder meer skoenveters vasgebind is.

Oudkol. Sakkie Louwrens van Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbekampingsorganisasie wat gereeld nou met die polisie saamwerk, sê nog verdagtes word gesoek.

‘n Skoenspoor van een van die mans wat vermoedelik by die aanval op René en Alwyn van Zyl van Limpopo betrokke was.Foto: HPG

Spoorsnyers van HPG het die hele nag in die beboste gebied rondom die plaas na die aanvallers gesoek.

Kobus Briel, ’n skoonseun van die Van Zyls, sê hy het Vrydag omstreeks 00:30 ’n oproep gekry van een van sy werkers wat vir hom gesê het dat sy skoonouers aangeval is.

Hy is dadelik na hul huis, wat sowat ’n kilometer van sy huis op dieselfde plaas is. “Ek het op my skoonpa afgekom...”

Van Zyl se hande en voete is met lap vasgebind voordat hy op sy bed verwurg is.

Sy vrou slaap in die kamer langsaan omdat haar man in die nag met ’n suurstofmasker op moes slaap. Sy is ook in haar slaapkamer oorval en haar hande en voete is vasgebind.

Die aanvallers het vermoedelik by ’n deur ingebreek. Nadat die mans weg is, kon sy haarself loswikkel. Sy het toe na die werkers se huise sowat 300 m van daar gehardloop om hulp te kry.

Briel sê sy skoonma het ligte beserings opgedoen en is erg geskok.

Die aanvallers het met sakke klere gevlug. Dit is nog nie presies seker wat nog uit die huis gesteel is nie.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, het die aanval ten sterkste veroordeel.

“Dit is lafaards wat weerlose bejaardes op plase aanval, ons sal dit nie duld nie.”

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, het ook sy skok oor die aanval en moord op Van Zyl uitgespreek.

“Die DA vra al lank dat gespesialiseerde eenhede wat op landelike veiligheid fokus, teruggebring word,” sê Smalle.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die soektog na nog verdagtes duur voort.

Meer oor:  Plaasmoord  |  Moord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.