Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer aan brand gesteek, verdryf aanvallers met skote

’n Boer van Koffiefontein in die Vrystaat kon daarin slaag om twee aanvallers met sy vuurwapen te verdryf nadat hulle petrol oor hom uitgegooi en dit aan die brand gesteek het.

Hulle het ook die pakhuis op die plaas aan die brand gesteek.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Andries Myburgh (31) is Maandag omstreeks 13:45 aangeval.

Hy het middagete in sy huis op die plaas Vandermerwesdam, tussen Koffiefontein en Petrusburg, geëet toe hy rook geruik het.

Hy het uitgestap om te gaan kyk waar die brand is en is buite die huis met ’n voorwerp oor die kop geslaan.

Myburgh kon egter daarin slaag om die aanvaller van hom weg te druk.

“Hy is na bewering deur ’n tweede aanvaller met ’n mes aangeval en is ook vol brandstof gegooi,” sê Mbambo.

Hy is na bewering deur ’n tweede aanvaller met ’n mes aangeval en is ook vol brandstof gegooi.
Polisiewoorvoerder

Myburgh kon daarin slaag om sy vuurwapen uit te haal en het verskeie skote afgevuur, waarop die aanvallers gevlug het.

Mbambo sê terwyl Myburgh op die mans geskiet het, het hy besef hy is aan die brand.

Hy het na die swembad gehardloop en ingespring om die vlamme te blus.

Die twee aanvallers het te voet gevlug en Myburgh het dadelik die polisie en sy bure se hulp ontbied.

“Een van die verdagtes is as ’n baie groot man van sowat 2 m lank beskryf. Die man het ’n groen werkbroek en ’n ligte blou hemp gedra. Die ander een het ’n blou oorpak aangehad,” sê Mbambo.

Myburgh ken nie die twee mans nie.

Sy beserings is nie ernstig nie en hy is deur paramedici behandel.

Boere uit die omgewing en die polisie is steeds op soek na die aanvallers en hommeltuie word gebruik.

Die pakhuis op Myburgh se plaas het tot op die grond afgebrand.

Meer oor:  Brand  |  Aanvallers  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.