Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer glo aangeval, seun ontvoer by De Doorns

’n Boer van De Doorns, Bruce Brodie, is volgens inligting op die Facebook-blad “Boland dorpe” Donderdag op sy plaas deur ’n groep mans aangeval.

Sy vrou, Louise, is gedwing om ’n kluis oop te sluit en die rowers het vuurwapens uit die kluis gehaal.

Hulle het die egpaar se seun, Philip, saam met hulle in ’n bakkie gedwing en in die rigting van Worcester gery.

Die mans het by ’n verkeerslig buite die dorp van die bakkie gespring en te voet verder gevlug.

Die mans het Philip in die bakkie gelos en die vuurwapens wat hulle gesteel het op die bakkie gelos toe hulle gevlug het.

Ian Cameron van AfriForum het die voorval op Twitter bevestig.

Bruce en Philip is in die aanval beseer.

Die polisie kon nie Donderdagaand die voorval bevestig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.