Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer betrap diewe wat glo byna R100 000 se skape steel

’n Boer naby Ottosdal in Noordwes het diewe wat 32 van sy skape ter waarde van byna R100 000 gesteel het, glo op heter daad betrap.

Twee van dié vermeende diewe verskyn Dinsdag in die landdroshof in Ottosdal, terwyl die derde verdagte, ’n 17-jarige seun, in die kinderhof daar sal verskyn, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Die boer kon Maandag teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie. Sy naam is ook nog nie bekend nie.

“Die boer het verlede Vrydag agtergekom van sy skape is weg,” het Myburgh gesê.

“Hy het die skape se spore gevolg. Die boer het eerste op ses van sy skape afgekom wat op aangrensende plase gewei het. Hy het kort daarna op die diewe afgekom waar hulle sowat 30 km van sy plaas af besig was om die skape vas te bind.”

Die boer het die polisie dadelik gebel. Volgens Myburgh het hulle die drie verdagtes kort daarna in hegtenis geneem. Behalwe die aanvanklike ses wat teruggekry is, is nog 13 skape teruggevind. Nog 13 skape word vermis. Die skape het na raming ’n gesamentlike waarde van sowat R99 200.

Genl.maj. Ryno Naidoo, waarnemende polisiekommissaris in Noordwes, het die boer bedank vir sy hulp om die verdagtes vas te trek en dat hy sy skape met tatoeëermerke gemerk het. Dit het die polisie in staat gestel om te bevestig die skape behoort wel aan hom.

Meer oor:  Ottosdal  |  Noordwes  |  Misdaad  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.