Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer by hek oorval, rowers neem wapen af

’n Boer van die Elandshoek-distrik, Cullinan, oos van Pretoria, het Vrydagoggend self vyf mans agterna gesit nadat hulle hom by sy plaashek oorval en met sy bakkie gevlug het.

Die beesboer (68) was omstreeks 04:30 op pad om sy werkers te gaan haal toe vyf mans, waarvan een gewapen was, hom by sy hek oorval.

Volgens Henri Combrink, voorsitter van die Cullinan-landelike veiligheidsforum, het die mans die boer se hande met draad vasgebind nadat hulle hom “bietjie rondgeruk het.”

Die man het slegs geringe beserings opgedoen.

Volgens Combrink het die aanvallers met die boer, wie se naam hy nie wou bekend maak nie, se vuurwapen en selfoon in sy bakkie gevlug.

Die man se vrou het alarm gemaak en lede van die veiligheidsforum het vinnig gereageer.

Sommige van die lede het die vrou en die man kom help terwyl ander die paaie in die omgewing toegemaak het, sê Combrink.

“Dit kon soveel erger gewees het. Ons vermoed hulle het hom by die hek ingewag. Die man het een van sy ander voertuie gevat en hulle gaan soek,” sê Combrink.

Volgens hom is die boer se plaas egter naby Mamelodi en is die bakkie en rowers nog nie gevind nie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê aanklagte van kaping en roof word ondersoek.

Meer oor:  Elandshoek  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.