Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 mans oorval boer by plaashek

’n Boer van Vierfontein in die Vrystaat, Japie van den Berg (50), is Dinsdagaand by sy plaashek deur minstens vyf mans oorval.

Die aanval op Van den Berg is net enkele dae nadat Mimie Jacobs, ’n boer van Soutpan, noord van Bloemfontein, Saterdagnag aangeval en met ’n mes in haar kop gesteek is.

Van den Berg, wat alleen gewoon het, is volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, met die kolf van ’n geweer geslaan toe hy die hek van sy plaas, Hillbrow, wou oopmaak. Van den Berg is nie ernstig beseer nie.

Die aanvallers het hom toe by sy huis ingedwing waar hulle sy pistool gevat en die huis geplunder het.

Makhele sê die bende het Van den Berg se hande vasgebind en hom agterop sy bakkie gelaai waarna hulle in die rigting van Bothaville gery het. Hier het die mans Van den Berg se bakkie naby die Nampo-skool gelos en met die buit in ’n wegkomvoertuig gevlug wat vir hulle gewag het.

Vuurwapens is blykbaar uit Van den Berg se kluis geroof.

Van den Berg kon homself teen omstreeks 01:00 Woensdagoggend loswikkel en het sowat 3 km ver gestap om hulp te kry.

Makhele sê ’n klag van huisroof word ondersoek.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee, sê die forensiese kundiges van die polisie is tans op die toneel op soek na leidrade.

Le Roux sê VL is tevrede dat die polisie hul deel gedoen het. Lede van Vierfontein, Bothaville en Viljoenskroon se onderskeie polisiekantore het hulp verleen. Hy sê verder boere moet betrokke raak by veiligheidstrukture en paraat wees.

“As ’n hek toe is wat moet oop wees, bel jou bure en praat met hulle terwyl jy ondersoek instel. As jy onrustig voel, kry hulp,” sê Le Roux.

Le Roux sê boere moet probeer om ’n goeie verhouding met die polisie te hê. Daar is probleme in die polisiediens, maar daar is nog baie goeie polisielede, sê hy.

Meer oor:  Vrystaat  |  Misdaad  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.