Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer deur man met panga aangeval

’n Boer is erg beseer nadat hy Donderdag kort ná middernag met ’n panga in sy motorhuis op sy plaas in Heidelberg, Gauteng, deur ’n man aangeval is.

Jack Botha (76) van die plaas Bothaskraal het Woensdag omstreeks 23:30 na buite gegaan nadat ’n brand op die plaas ontstaan het.

Sers. Harry Manaka, polisiewoordvoerder, sê Botha het ander boere in die omgewing ontbied om hom te help om die brand te blus.

“Hy was seker in ’n haas toe hy sy huis verlaat het en het vergeet om sy motorhuis te sluit. Nadat hulle die brand geblus het, het hy terug na sy huis gegaan en toe het ’n aanvaller skielik uit die motorhuis met ’n panga in sy hand gespring,” sê Manaka.

Hy sê die panga wat gebruik is om Botha mee aan te val, is nie die boer s’n nie.

Die aanvaller het Botha met die panga oor sy kop en arms geslaan en hy het ernstige beserings opgedoen. Hy het toe om hulp geskree en die ander boere het hom te hulp gesnel.

Botha is onmiddellik na ’n hospitaal in Heidelberg geneem. Boere van die omgewing wat op sy noodkreet gereageer het se soektog na die aanvaller was egter tevergeefs.

“Hy het ernstige beserings op die kop opgedoen en moes vir ’n noodoperasie gaan. Sy toestand is stabiel,” sê Manaka.

Hy sê die motief vir die aanval is onbekend omdat die aanvaller niks gevat het of die motor se sleutels of kontant geëis het nie.

Die polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Heidelberg  |  Gauteng  |  Plaasaanval  |  Boer  |  Farm Attack
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.