SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer het voorheen al met gereg gebots
Fritz Joubert
Dié foto van Fritz Joubert verskyn op sy Facebook-blad. Foto: Facebook

Fritz “Majeke” Joubert (45), die boer wat Saterdag ’n man op sy plaas net buite Gonubie in die Oos-Kaap vermoor het, het al tevore met die gereg gebots.

Joubert het Anele Hoyana (40) ten aanskoue van sy vrou koelbloedig op sy plaas Geluksdal vermoor.

Hy het video’s van die gebeure voor, gedurende, en ná die moord op sy Facebook-blad gelaai.

Dié video’s het skokgolwe deur die land gestuur. Talle mense het uitgevaar teen Hoyana se dood, en het dit as ’n rassistiese haatmoord beskryf.

Een van die polisiebeamptes wat op Joubert se plaas was, het hom uit selfverdediging doodgeskiet.

Joubert het Hoyana se twee jong seuns (twee weke en twee jaar oud) gyselaar gehou.

Joubert is vanjaar van roof met verswarende omstandighede en crimen injuria aangekla, nadat hy glo in Augustus verlede jaar mense in KFC in Langenhovenpark, Bloemfontein, k**lies genoem het.

Een van die polisiebeamptes wat op Joubert se plaas was, het hom uit selfverdediging doodgeskiet.

Sowat ses maande voordat dié klagte aanhangig gemaak is, is nog ’n saak van gewapende roof en die rig van ’n vuurwapen, oor ’n voorval buite ’n kitskosrestaurant in Bloemfontein, teen hom teruggetrek.

Toe Joubert in Augustus vanjaar in die hof verskyn, is hy op ’n aanklag van crimen injuria vrygespreek.

Hy het in die hof getuig hy het vas geglo ’n jong Indiërman het die polisie in sy sak en dat sy lewe bedreig word.

Joubert het oor die aanklag van roof getuig hoe die moeilikheid begin het toe twee jong mans, Mohammed Ridwaan Allarakha en sy neef Sameer Osman in die vroeë oggendure van 18 Augustus verlede jaar by die KFC in Langenhovenpark ingestap het.

Die hof het by monde van Joubert gehoor hy was besig om grappe met van die vroueklante te maak en met hulle te flankeer. Hy was in ’n goeie luim.

Hy het beweer die mans het moeilikheid met hom gesoek en het hom afgeneem. Buite het Allarakha aan hom gesê hulle is die mafia, hulle besit die polisie en ken die Guptas, het Joubert getuig.

Ná nog woordewisselings het Joubert die mans se sleutel afgeneem. Die volgende dag het hy op pad na Oos-Londen die sleutel by die polisie in Aliwal-Noord afgegee, is in die hof getuig.


Meer oor:  Anele Hoyana  |  Majeke  |  Fritz Joubert  |  Gyselaardrama  |  Moord  |  Boer  |  Gereg  |  Bots Met Gereg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.