Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer in kritieke toestand ná plaasaanval

’n Boer is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy en sy vrou vroegoggend deur drie mans in hul huis op ’n plaas naby Brits aangeval is.

Drie gewapende mans het gister omstreeks 02:30 die voordeur van Pieter (65) en Ann (61) Nel se huis in die Remhoogte-omgewing oopgebreek. Hulle het Pieter in die gang raakgeloop en hom in die bors en been geskiet. ’n Vierde man het glo buite die huis gewag.

Daarna het hulle Pieter na die egpaar se slaapkamer gesleep waar Ann in die bed gelê het, en hulle aangerand. Die aanvallers het juweliersware en wapens geëis.

Volgens Gert du Plessis, hoof van Oostermoed-beskermingsdienste het die mans, wat Engels gepraat het, nie belanggestel in elektroniese toerusting soos TV-stelle en selfone nie.

Du Plessis sê Ann het tydens die geskarrel uit die slaapkamer ontsnap en die deur gesluit. Terwyl sy probeer het om hulp te ontbied, het die mans die deur oopgebreek en gevlug. Hulle het ’n vuurwapen en selfoon geroof.

Volgens Du Plessis het Ann daarin geslaag om ’n kollega van Pieter in die hande te kry wat toe die nooddienste ontbied het.

Sy het ernstige kopwonde opgedoen en is uit die hospitaal ontslaan nadat die wonde behandel is. Pieter is in ’n kritieke toestand na die Brits Mediclinic gebring en later na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Teen Vrydagaand is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Brits  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.