Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer, plaaswerkers aangeval toe dieselfde bende glo terugkeer

’n Boer van Tinmyne buite Mokopane in Limpopo is Woensdagmiddag die tweede keer in minder as twee maande op sy plaas aangeval.

Bert Kotzé is Woensdag omstreeks 17:00 oorrompel toe hy op pad was na ’n beeskraal op sy plaas.

Van sy werkers is ook oorval en vasgebind. Kotzé is erg aangerand.

Ben Engelbrecht van Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsgroep in Limpopo, sê daar word vermoed dat dit dieselfde groep mans is wat Kotzé in Mei ook aangeval het.

HPG het in samewerking met die polisie tot vroeg Donderdagoggend die spore van die verdagtes in die beboste gebied gevolg.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê niemand is in hegtenis geneem nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

plaasaanval
Skermgreep: https://www.facebook.com/Heritage-Protection-Group

Meer oor:  Heritage Protection Group  |  Bert Kotzé  |  Mokopane  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Geweld  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.