Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer se beeste verdwyn op ongelukstoneel

Vier van sy beeste is volgens ’n ooggetuie op ’n ongelukstoneel in polisievangwaens en ’n ambulans gelaai, sê ’n boer van Hennenman.

Jaco de Villiers se beeste het op die R70, tussen Hennenman en Welkom, beland nadat ’n vragmotor een van sy plaas se lyndrade beskadig het.

Die bakkie wat teen ’n bees gebots het. Foto: Verskaf

De Villiers het nie daarvan geweet nie en op 18 Oktober verlede jaar het ’n bakkie in die nag in een van sy beeste vasgery.

De Villiers sê toe hy die volgende dag op die toneel aankom, het daar vier hope pensmis langs die pad gelê. Hy het gedink vier van sy beeste is dood.

Die eienaar van die bakkie en ander ooggetuies het egter aan hom gesê net een bees is raakgery. Dié bees is met ’n gebreekte been in die veld gekry.

Die dooie beeste was egter nêrens te sien nie.

Die polisie op Hennenman wou glo nie aan De Villiers sê watter voertuie en polisielede op die toneel was nie.

De Villiers sê hy het die voorval daarna by die veediefstaltak in Odendaalsrus probeer aanmeld, maar daar is aan hom gesê hy moet dit op Hennenman aanmeld.

Sy eie speurwerk het hom na ’n ooggetuie gelei wat vertel het hoe vier van sy beeste in ’n ambulans en vangwaens gelaai is.

De Villiers sê geen ooggetuie wou egter ’n verklaring aflê nie omdat hulle bang is hulle word geviktimiseer.

Die polisie het volgens De Villiers gesê hulle kan nie vasstel watter vangwaens op die toneel was nie omdat die diensverskaffer wat die voertuie se satellietmonitering doen, nie betaal was nie.

Die veediefstaleenheid het wel die saak begin ondersoek, maar hy is onlangs ingelig niemand gaan vervolg word nie.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê daar is besluit om niemand te vervolg nie omdat daar nie genoeg bewyse is nie.

Meer oor:  Hennenman  |  Welkom  |  Ongeluk  |  Beeste  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.