Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer skiet terug in plaasaanval

’n Boer in Brits, Noordwes, is ernstig beseer in ’n plaasaanval Sondagoggend.

Aanvallers het hom in sy linkersy geskiet. Die boer het op die aanvallers teruggeskiet. Een van hulle is verlam gelaat terwyl ’n tweede een met sy beserings gevlug het.

Dit is onbekend wat gesteel is.

Die boer is na die waakeenheid van die Netcare Milpark-hospitaal geneem. Sy milt is reeds verwyder en hy het geringe vleeswonde bo sy nier en onder sy linkerlong. Die gat in sy diafragma is ook toegewerk.

Ian Cameron, AfriForum-hoof van gemeenskapsveiligheid, het die voorval bevestig.

Meer inligting volg.

Meer oor:  Ian Cameron  |  Brits  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.