Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer van Bonnievale vermoor, vrou met kookwater gebrand

Die polisie is op soek na vier mans wat Maandagaand ’n boer van Bonnievale in die Wes-Kaap vermoor en sy vrou ernstig beseer het.

Lt.kol Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die 55-jarige boer en sy vrou van dieselfde ouderdom is omstreeks 18:30 deur vier verdagtes as gyselaar gehou.

Die verdagtes was gewapen en het die boer se vrou met ’n skerp voorwerp gesteek, maar sy het dit reggekry om te ontsnap en na die bure se plaas te vlug. Sy is glo ook met kookwater op haar rug gebrand.

Traut sê die vrou het dadelik die polisie ontbied, maar haar man se lyk is sowat 200 m van hul huis gevind. Hy is vermoor.

“Die verdagtes het met twee vuurwapens gevlug en moet nog opgespoor word.”

Die oorledene se naam is aan Netwerk24 bekend, maar sal eers later bekend gemaak word.

Traut het mense gevra wat moontlik enige inligting oor die voorval het om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Bonnievale  |  Moord  |  Misdaad  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.