Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer van Dendron ernstig in plaasaanval beseer

’n Boer van Dendron, sowat 60 km noordwes van Polokwane, is Woensdagaand baie ernstig in ’n plaasaanval beseer.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van landelike veiligheid, sê Tom (Basie) Nelson (70) is met ’n skerp voorwerp in sy kop gesteek.

Hy is per helikopter na ’n hospitaal in Polokwane geneem en Cameron sê teen Donderdag was sy toestand onveranderd.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n aantal aanvallers het omstreeks 19:00 op die plaas Swartkoppies in die Dendron-distrik toegeslaan.

Hulle het twee plaaswerkers by hul wonings op die plaas oorrompel en hulle vasgebind voordat hulle na die hoofhuis is. Nelson is in die huis oorval.

Ngoepe sê die mans het op geld en vuurwapens aangedring. Nelson het glo terugbaklei en ’n struweling het tussen hom en die aanvallers ontstaan en hy is toe gesteek.

Ngoepe sê dit is nog nie duidelik of daar van Nelson se vuurwapens gesteel is nie. Die twee plaaswerkers is slegs lig beseer.

’n Soektog is onderweg na die aanvallers wat te voet gevlug het.

Meer oor:  Afriforum  |  Ian Cameron  |  Dendron  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.