Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer van Lutzville op plaas vermoor

Die lyk van ’n boer van Lutzville aan die Weskus is Sondag buite sy plaashuis aangetref.

Jaco Louw (57) is Sondag laatoggend met ’n steekwond in sy bors deur ’n plaaswerker gekry.

Louw het glo alleen op die plaas buite die dorp gebly.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van moord.

“Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die moord wat Sondag om 10:45 plaasgevind het,” sê Rwexana. “Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

“Ons hou mnr. Louw se familie in ons gebede tydens hierdie moeilike tyd,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek, in ’n verklaring.

Volgens Van Zyl was Louw ’n lid van AfriForum se plaaswag in Lutzville.

Die polisie vra dat enigeen met meer inligting oor die voorval die polisie in Lutzville by 027 217 4000 moet bel, of Stop Misdaad by 08600 10 111.

Meer oor:  Jaco Louw  |  Weskus  |  Lutzville  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.