Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer van Senekal sterf ná aanval op kleinhoewe

’n Boer van Senekal is Donderdag dood nadat hy vir die soveelste keer die slagoffer van misdaad op sy kleinhoewe was.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, ’n polisiewoordvoerder, sê Johannes Madene Moloi (63), ’n veeboer, is Donderdag omstreeks 04:00 in sy huis op ’n kleinhoewe buite Senekal aangeval.

Twee mans het glo eers Moloi se werkers, wat in ’n woonwa op die hoewe geslaap het, aangeval.

Die aanvallers het die twee mans se hande en voete met skoenveters vasgebind en daarna die huis oopgebreek.

Dhlamini sê hulle het Moloi aangerand en ’n onbekende bedrag geld geroof.

Moloi het ernstige beserings in die aanval opgedoen en is in die Mediclinic Hoogland op Bethlehem opgeneem.

Hy is egter Donderdagaand oorlede.

Die polisie het twee mans, onderskeidelik 36 en 37 jaar oud, in verband met die voorval in hegtenis geneem

Dhlamini sê ’n moorddossier is geopen.

Leona Kleynhans, ’n DA-parlementslid, het die aanval op Moloi veroordeel en simpatie met sy naasbestaandes betuig.

Kleynhans sê Moloi se dood bevestig weer die noodsaaklikheid van ’n polisie-eenheid wat hom op landelike veiligheid toespits.

Sy sê die DA verwelkom die vinnige optrede van die polisie met die inhegtenisneming van die twee verdagtes, maar dit is nie duidelik waarom nie vroeër opgetree is om Moloi te beveilig nie.

Verskeie pogings is aangewend om by sy huis in te breek en dit was reeds lankal duidelik dat sy lewe in gevaar is, sê sy.

Kleynhans sê agt mense is in die vorige boekjaar op plase in die Vrystaat vermoor en boere en plaaswerkers leef in vrees.

Die DA glo net spesialiseenhede met die nodige hulpbronne sal die euwel van plaasaanvalle kan uitroei.

Meer oor:  Senekal  |  Misdaad  |  Plaasaanval  |  Kleinhoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.