Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Boer vermoor kort nadat hy dorp toe trek

Skaars twee maande nadat die seun van ’n Springbok-egpaar van sy plaas in Vanstadensrus na Zastron verhuis het, is hy dood in sy huis op dié Vrystaatse dorp aangetref.

Kippie Wessels (52) is op 30 Oktober glo met steekwonde in sy huis gekry. Hy het alleen gewoon nadat hy sowat twee maande gelede van sy plaas, Maidstone, in die distrik Vanstadensrus na Zastron verhuis het. Hy het jare ’n gemengde boerdery op die plaas bedryf.

Wessels is die seun van die ontslape John Wessels, Springbok-haker, en Sussie (Esterhuizen), ’n Springbok-netbalspeler.

Sy ma, wat deesdae in Vivo, Limpopo, woon, sê hulle vermoed hy is reeds die vorige dag vermoor.

Kippie Wessels

“Oor die omstandighede rondom sy moord weet ek min.”

Sy sê hulle wag vir die polisie om meer lig te werp op hoe haar enigste seun dood is.

“Hy het sy hele lewe lank geboer en onlangs dorp toe getrek. Hy was ’n baie goeie mens met ’n goeie hart. Ek het hom innig liefgehad. Ek gaan alles van hom mis.”

’n Private roudiens sal vir Wessels gehou word.

Navrae oor die moord is aan die polisie gestuur.

Meer oor:  Zastron  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.